Charles Montesquieu

Charles Montesquieu
Portret van Montesquieu in 1728

Geboortenaam Charles-Louis de Secondat, Baron de La Brède et de Montesquieu
Gebore (1689-01-18)18 Januarie 1689
Château de la Brède, La Brède, Akwitanië, Frankryk
Oorlede 10 Februarie 1755 (op 66)
Parys, Frankryk
Nasionaliteit Vlag van Frankryk Frankryk
Vakgebied Politiese filosofie
Bekend vir Skeiding van staatsmagte: uitvoerende, wetgewende, regterlike; klassifikasie van regeringstelsels op grond van hul beginsels
Beïnvloed deur Aristoteles, Cicero, Thomas Hobbes, Polybius, René Descartes, Nicolas Malebranche, Jean Bodin, John Locke, 18de-eeuse Britse grondwet
Invloed op David Hume, Thomas Paine, Jean-Jacques Rousseau, Edmund Burke, Amerikaanse grondwet en politiese stelsel, Georg Wilhelm Friedrich Hegel, Alexis de Tocqueville, Émile Durkheim, Hannah Arendt, Adam Ferguson

Charles Louis de Secondat, baron de La Brède et de Montesquieu (kasteel van La Brède naby Bordeaux, 18 Januarie 1689Parys, 10 Februarie 1755, sy naam word gereeld verkort tot Charles de Montesquieu of slegs Montesquieu), was 'n Franse filosoof. Hy word beskou as een van die grondleggers van die sosiologie en as een van die belangrikste filosowe tydens die Verligting. Die huidige politieke instellings in Westerse demokrasieë is mede gebaseer op idees van hom en John Locke. Sy idee van die skeiding van die magte is veral belangrik. Dit kom voort uit sy kritiek op die Franse samelewing in die tyd en dan veral as gevolg van die buitensporigheid van die absolutisme, wat hy aandui as despotisme.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search